Ekumeniese Bande
Die begrip ekumeniese eenheid gee, sowel vanweë die historiese fundering as die bekendheid daarvan in die Gereformeerde ekumene, die beste uitdrukking aan een kerkverband. Dié term veronderstel dus die realisering van een kerkverband deur erkenning van attestate, kanselruil en beroepingsmoontlikhede oor en weer. In dié term word byvoorbeeld die begrip van Sister Church Relationship, sowel as dié van Churches in Ecclesiastical Fellowship geakkommodeer.
Die begrip ekumeniese bande wat reeds in die IKGK geyk is en dus deur verskeie kerkgemeenskappe in die Gereformeerde ekumene gebruik word, gee uitdrukking aan sowel die verhouding tussen kerkgemeenskappe waar voorbereidende gesprekke plaasvind met die oog op een kerkverband as die verhouding van kerkgemeenskappe wat verskillende (Gereformeerde) belydenisse onderskryf en tog ‘n gelyksoortige leer, diens en tug onderhou, soos dit byvoorbeeld in die nuut gestigte Konvent van Reformatoriese Kerke in Suider-Afrika tot uitdrukking kom.
Die begrip ekumeniese kontak kan gebruik word om die ekumeniese verhouding met kerke uit te druk met wie die GKSA in dieselfde ekumeniese vergaderings sit, sonder dat noodwendig ekumeniese eenheid, of ekumeniese bande, onderhou word – soos in die ICRC (IKGK), die REC en NAPARC. Die term ekumeniese kontak druk ook die verhouding tussen kerkgemeenskappe uit wat gesamentlike take in dieselfde gemeenskap onderneem, sonder dat noodwendig ekumeniese bande of ekumeniese eenheid veronderstel word.
Kerke waarmee die GKSA Ekumeniese EENHEID beleef
Kerke waarmee die GKSA Ekumeniese BANDE het
Die GKSA het ook nog verdere kerklike kontak met kerke regoor die wêreld
Meer inligting hieroor is beskikbaar by fanie1coetzee@gmail.com
Ekumeniese liggame waarby die GKSA betrokke is
- International Conference of Reformed Churches (ICRC) (Lid)
- World Communion of Reformed Churches (WCRC – waarnemerstatus) (voorheen REC/WARC)
- World Reformed Fellowship (WRF) (Aansoek om lidmaatskap ingedien 2006)
- AEA en TEASA (Waarnemers)
- Theological Education in Africa (TEA)
Binnelandse kerke waarmee die GKSA in ekumeniese gesprek is
- Afrikaanse Protestantse Kerk
- Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika
- Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
- Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
- Nederduitse Gereformeerde Kerk
- Rynse Kerk van Suid-Afrika
Die GKSA is ook informeel in gesprek met kerkgemeenskappe wat deel van die Konvent vir Reformatiese Kerke in Suider-Afrika vorm.